News

Sindikaat het al meer as 50 motorfietse in Middelburg gesteel!

’n Sindikaat wat hul hoofsaaklik toespits op motorfietse, opereer al jare in Middelburg.

’n Sindikaat van Johannesburg het al meer as 50 motorfietse die afgelope paar jaar in Middelburg gesteel en hulle is nog lank nie klaar in ons dorp nie!

Dié skokkende feite het ’n informant hierdie week met Mid Alarms gedeel.

Johan Oberholzer (operasionele bestuurder, Mid Alarms) sê hulle het Maandagaand ’n gesprek gehad met ’n informant.

“Die informant het gesê dat die sindikaat se lede van Johannesburg af kom en altyd gewapen is.” Hulle het ook ander bruikbare inligting ontvang wat deurgegee is aan die polisie. (Van die inligting wat gegee is, word weerhou om die informant te beskerm en nie ondersoeke te belemmer nie).

“Wat ek wel kan sê, is dat die motorfietsbende terug is en mense moet seker maak hul motorfietse is toegesluit!”

Omdat die inligting wat hulle gekry het, duidelik daarop dui dat die lede van die sindikaat altyd gewapen is, maan hy mense om hulle nie te konfronteer, sou hulle opgemerk word nie.

Hy sê as enigiemand bruikbare inligting het wat hulle en die polisie kan help om die bende vas te trek, kan hulle hom skakel by 082 802 6399.

• Deur die jare is daar in die meeste gevalle eers honde vergiftig met die korrelrige aldicarb-gif (ook bekend as Temik of Two-Step gif), voordat daar toegeslaan en die motorfietse gesteel word.

• Op 9 Februarie vanjaar is n motorfiets in Tillietstraat, Bloekomsig, gesteel en alhoewel die skakel van Observer se storie wyd gedeel is, sê mnr. Russel Fisher dat hulle nooit enige inligting gekry het wat sy motorfiets kon opspoor nie.

Lees ook: Motorfiets gesteel – deel skakel met almal om hom te probeer opspoor!

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button