News

Een persoon sterf in ongeluk buite Belfast – dodetal in Nkangala styg na 12!

Die dodetal in die Nkangalastreek het na 12 gestyg na nóg 'n persoon vanaand in 'n ongeluk gesterf het.

Een persoon is dood en een beseer in ‘n trompop botsing tussen ‘n trok en ‘n voertuig sowat 10km buite Belfast op die Stoffbergpad.

Die ongeluk het vroeër vanaand plaasgevind.

Na wat verneem word het die voertuig in Belfast se rigting en die trok na Stoffberg se kant toe gery toe die botsing plaasgevind het. Die bestuurder van die voertuig is op die toneel dood en die trokbestuurder het beserings opgedoen.

Motoriste word gemaan om versigtig te ry as hulle vanaf Belfast se kant af Stoffberg toe ry, aangesien een baan nog versper is met die trok.

Die pad is egter nie heeltemal toe nie en is stop en gaan verkeerbeheer tans in plek.

Dit is die vierde noodlottige ongeluk in die streek sedert Donderdag.

Donderdagmiddag het vyf mense gesterf in ‘n gru-ongeluk op die N4 naby die Berg-en-Dal Monument buite Belfast. ‘n Sesde persoon het kort daarna in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Vrydagoggend is twee mense dood en 13 beseer nadat ‘n taxi sowat 2km vanaf die Middelburgdam die pad verlaat en teen ‘n wal afgerol het.

Dieselfde aand het drie mense, waaronder ‘n kleuter, gesterf in ‘n ongeluk tussen ‘n trok en ‘n voertuig by die T-aansluiting op die Broodsnyersplaaspad (R35) buite Middelburg.

Lees ook: 18 deaths on Mpumalanga roads with more than half in Nkangala region

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button