News

Familie van vermoorde man: ‘Sy lewe sal altyd in ons herinneringe voortleef’

Oom Robert Stoltz sal altyd in sy familie se herinneringe voortleef.

Die geliefde pa en oupa, Robert Stoltz (78) wat verlede Woensdag op die plaas Stofkraal vermoor is, se begrafnis is Saterdag.

Die familie het vroeër vandag laat weet dat die begrafnis om 12:00 gehou sal word. Dit is aanvanklik vir 10:00 gereël, maar is daar op ‘n WhatsApp boodskap gesê dat die grond nog nat is daardie tyd en is dit geskuif na 12:00.

Op die begrafnisblaadjie wat uitgestuur is om almal te verwittig van die reëlings, staan daar: “Met hartseer neem ons afskeid van ‘n geliefde man, pa, oupa, oupagrootjie, broer en vriend. Sy lewe sal altyd in ons herinneringe voortleef.”

• Daar is gevra dat almal wat die begrafnis bywoon, sal onthou om gemaklike skoene aan te trek.

• Oudkol. Sakkie Louwrens (Bosveldmisdaadondersoeke) het bevestig dat hul ondersoekdiens ‘n R15 000 beloning aanbied vir enige inligting wat sal lei tot die arrestasie en suksesvolle vervolging van die moordenaars. Inligting kan deurgegee word aan Sakkie by 071 798 7954 of Johan by 082 896 5331.

Lees ook: R15 000 reward for information on Stofkraal farm murder

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button