KYK: Kameras, ogies, hekomotors nou hoog op diewe se lys
Wie koop dit by hulle? Dis die vraag wat die polisie moet beantwoord...
Daar is ’n nuwe vlaag misdaad in die dorp wat fokus op peperduur sekuriteitstoerusting soos CCTV kameras, alarm-ogies en laser-tegnologie, en ook hekmotors.
Talle plaaslike sekuriteitsmaatskappye het die week gewaarsku dat die bogemelde diefstalle nie net toegeneem het nie, maar tans die tendens is onder nagsluipers.
Titon Sekuriteit het die week juis ’n verdagte aan die polisie, met ’n gesteelde CCTV kamera en kabels in sy rugsak, aan die polisie oorhandig.
• LEES OOK MEER HIER: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2025/05/14/vermeende-kabeldiewe-gevang-maar-diewe-van-alarm-ogies-steeds-soek/
Die verdagte is op ander CCTV kameras by ’n besigheid in Samora Machelstraat gesien steel.
Die voorval is Donderdag, 8 Mei, opgeneem.
https://www.tiktok.com/@middelburgobserver/video/7504562185964752183
Daar kan gesien word hoe die man die kamera en die kabeltjie afsteel en wegstap.
Hy los egter ’n gedeelte van die hele kamerasisteem agter, en fokus net op die lens en kabel.
• LEES OOK MEER HIER: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2025/05/14/vermeende-kabeldiewe-gevang-maar-diewe-van-alarm-ogies-steeds-soek/
Titon personeel het egter nie op hul louere gerus nie, en die beeldmateriaal is deeglik nagegaan.
Die volgende dag, Vrydag, is ’n man in die taxistaanplek langs die Oaks sentrum gewaar, en daar is bevestig dat sy voorkoms en kleredrag dieselfde as die man was wat die diefstal gepleeg het.
Met verdere ondersoek is die man se rugsak in ’n leë bottelstoor opgespoor.
Die kamera en kabel is in die sak gevind. Beide die man en die sak is aan die polisie oorhandig.
• LEES OOK MEER HIER: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2025/05/09/quick-work-by-private-security-results-in-recovery-of-stolen-goods/
Intussen het ander rolspelers in die sekuriteitsbedryf ook die week gewaarsku dat daar deesdae op die duur toerusting gefokus word tydens diefstalle.
Alarm-ogies en lasertegnologie is bo aan die lys, en kos duisende om te vervang.
Hekmotors word ook nou feitliks daagliks in Dennesig en Kanonkop gesteel.
Wieldiewe is ook tussendeur bedrywig.
• KRY DIE NUUTSTE HIER: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2025/05/15/dennesig-struck-by-surging-gate-motor-thefts/
