News

Vermeende kabeldiewe gevang, maar diewe van alarm-ogies steeds soek

Diewe steel nou selfs alarm-ogies in erwe en is ’n Chevrolet Spark op CCTV videomateriaal uitgewys as ’n verdagte voertuig.

Mid Alarms reaksie-offisiere het gisteraand verdagtes op heterdaad betrap!

Volgens Johan Oberholzer, operasionele bestuurder van Mid Alarms, het hulle die twee op ’n CCTV kamerastelsel op ’n perseel in Slegtkampstraat gesien.
Vier reaksie-offisiere het die perseel deursoek en is twee verdagtes gevang. Gesteelde kabels en handgemaakte toerusting is ook gekry.

Die verdagtes is aan die polisie oorhandig en sal hulle vandag in die hof verskyn. Hul name mag nie genoem word nie, omdat hulle nog nie verskyn het nie.

Van die gesteelde kabels wat teruggekry is.

• Oberholzer het inwoners ook gewaarsku oor die kommerwekkende toename in diefstal van hekmotors en alarm ogies (beams) in erwe.

“Op 26 April het diewe by drie verskillende eiendomme in Aerorand, beams afgesteel. By die een huis in Lebombostraat is vyf van die beams afgesteel en die diewe was binne drie minute weg. Daar is ook verlede Donderdag by ’n besigheid in die middedorp helder oordag beams afgesteel.”

Oberholzer is oortuig daarvan dat ’n sindikaat by die diefstalle betrokke is, omdat net ’n spesifieke handelmerk, wat baie duur en skaars is, geteiken word.

Met die diefstal in die middedorp is twee verdagtes in ’n wit Chevrolet Spark op CCTV beeldmateriaal vasgevang.
In die gevalle in Aerorand was ’n wit voertuig, wat dieselfde beskrywing as die Chevrolet Spark pas, ook betrokke.

“Ek wil graag inwoners aanraai om addisionele sekuriteitsmaatreëls te implementeer. ’n Mens kry staalversterkings (brackets) wat oor die beams kan pas, en wat dit moeiliker maak vir diewe om af te ruk. Dieselfde vir hekmotors. Hierdie versterkings sal iemand nie keer om dit te steel nie, maar dit maak dit moeiliker vir diewe en neem langer vir hulle om daarmee weg te kom. Misdadigers weet hulle het net soveel tyd waarin hulle kan werk. Met hierdie addisionele sekuriteitsmaatreëls in plek, verminder dit nie net jou skade nie, maar sal misdadigers ook eerder ’n sagter of makliker teiken uitsoek.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button