News
Bakkie rol op N4, een baan toe
Een baan is steeds toe by die Woestalleen afrit op die N4 na ’n ongeluk meer as ’n uur gelede.

’n NP200 bakkie lê nog op sy dak in die stadige baan op die N4 na ’n ongeluk sowat ’n uur gelede.
Die ongeluk het by die Woestalleen afrit gebeur en slegs die NP200 was betrokke.
Na wat verneem word, het die bestuurder van die bakkie ernstige beserings opgedoen.
- Die trok wat die bakkie moet verwyder, het pas op die toneel gestop en behoort die baan binnekort oop te wees vir verkeer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
