News

Bibberweer vir week voorspel!

Middelburgers gaan hierdie week baie koud kry!

As jou jas nog nie voor in die kas hang nie, is dit nou die tyd om hom te gaan uithaal!

Die paar druppels yskoue reën wat vanoggend geval het, voorspel net één ding: die winter se ysvingers is hier!

Met sneeu wat reeds in gedeeltes van Lesotho en hoogliggende areas soos die Noord- en Ooskaap geval het en erge sneeu wat verwag word op onder andere die Drakensberge, gaan ons beslis die koue hierdie week voel.

As gekyk word na die weervoorspelling (volgens die Toep: Accuweather), gaan die minimum temperature val tot onder vriespunt. Teen die naweek sal dit egter weer bietjie warmer word.

Maandag (vandag):
Minimum 0, maksimum 18.
Bewolkte toestande met 20% kans vir reën en wind van 30km/p/h.

Dinsdag:
Minimum -1, maksimum 15.
Gedeeltelik bewolkte toestande met wind van 22km/p/h.

Woensdag:
Minimum 0, maksimum 18.
Sonnige dag met wind van 9km/p/h.

Donderdag:
Minimum -1, maksimum 18.
Gedeeltelik bewolk met wind van 6km/p/h.

Vrydag:
Minimum 0, maksimum 19.
Sonnige dag met wind van 6km/p/h.

Saterdag:
Minimum 0, maksimum 22.
Sonnig met wind van 13km/p/h.

Sondag:
Minimum 5, maksimum 21.
Sonnig met wind van 6km/p/h.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button