Wiele en hekmotors in Dennesig gesteel
Die sindikate wat hekmotors en wiele steel, het wéér toegeslaan in Dennesig!
Drie diefstalle is in Buller- en Colleylaan aangemeld.
Mnr. Niel Scheepers sê die wieldiewe het tussen Saterdagnad en Sondagoggend by hul huis in Collelaan toegeslaan en al vier die wiele van sy Fortuner gesteel.
Volgens mnr. Scheepers het hy Saterdagaand om 23:00 uitgegaan en was alles nog reg. Die booswigte moes daarna in die erf ingegaan het.
Hy skat dat hy minstens R30 000 se skade gelei het.
Volgens Scheepers is ’n hekmotor by ’n huis in Colleylaan nie ver van hulle af nie, dieselfde nag gesteel.
• Daar is ook Saterdagnag ’n hekmotor in Bullerlaan gesteel.
Die inwoner, wat verkies om anoniem te bly, het bevestig dat dit ook Saterdagnag gebeur het.
Sy skat die waarde van hulle hekmotor tussen R5000 en R7000.
• Daar is ’n maand gelede vyf hekmototdiefstalle in Dennesig aangemeld.
Volgens vorige beriggewing deur die Middelburg Observer is die vyf hekmotors die selfde nag in Bullerlaan, Danie Theron en Melrosestraat gesteel.
• ’n Inwoner van Koos de La Reystraat, me. Mariëtte Stapelberg, het in daardie tyd laat weet dat haar honde drie verdagtes, wat hul hekmotor wou steel, die skrik op die lyf gejaag het.
Lees ook: Dennesig struck by surging gate motor thefts
