News
Eksamen aangeskuif weens rook, laerskool stuur kinders huistoe
Die eksamensessie wat vroeg vanoggend geskryf sou word by HTS Middelburg, is aangeskuif weens die rook.
Daar is bevestig dat Laerskool C.R. Swart leerlinge huistoe gestuur het weens die rook.
Ouers en leerlinge van HTS Middelburg is ook laat weet dat die eksamensessie weens die rook aangeskuif word na ‘n bietjie later vanoggend.
Leerlinge moet om 09:00 aantree en sal die sessie om 09:30 begin.
Inwoners het al van voor 05:00 af vanoggend laat weet dat daar verstikkende rook oor aanvanklik net Aerorand en Mineralia gehang het. Later is gesê dat dit ook oorgewaai het na Groenkol en Eastdene.
Die rook word veroorsaak deur ‘n erge veldbrand in Aerorand.
Lees ook: Video: Rook hang erg oor uitbreidings, sig steeds swak
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
