’n Fietsdief het waarskynlik gedink dinge gaan te warm raak omdat daar ’n beloning uit is wat tot sy arrestasie kan lei, waarna hy die fiets by die Tosca Sentrum gaan neersit het.
Die fiets is op 12 Junie gesteel en is ’n R2 000 beloning uitgeloof wat sal lei tot die terugvind va die fiets en die arrestasie van die dief.
Lees ook: R2 000 beloning vir fiets wat in Kanonkop gesteel is!
Me. Betsie Beukes sê die personeel by die sentrum het die fiets by die sentrum buite sien staan en in hul stoor gehou totdat hulle hom gaan opeis het.
- Hulle sê dankie vir almal wat uitgekyk het vir die fiets.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
