News

R2 000 beloning aangebied om fietse terug te kry na inbraak

Pas nadat ’n gesin in Dennesig ingetrek het, is daar by hulle motorhuis ingebreek.

’n R2 000 beloning word aangebied vir inligting wat sal lei tot die arrestasie van die diewe en die terugvind van ten minste twee fietse wat in Melrosestraat (Dennesig) gesteel is.

Die gesin (wat anoniem wil bly) het verlede week in die straat ingetrek en wonder of die booswigte hulle nie dalk dopgehou het nie.

Hulle het gisteroggend dadelik gesien dat ’n venster by die motorhuis oopforseer en die diefwering afgehaal is. Die diewe het twee fietse, stoele en hengelgereedskap deur die venster getel en daarmee weggekom. Daar word vermoed dat nog talle ander artikels gesteel is, aangesien hulle nog besig is om alles deur te gaan om te kyk wat weg is.

Omdat daar so baie goed gesteel is, is hulle van mening dat daar beslis meer as een inbreker moes wees, aangesien die palissadehek nie beskadig nie en hulle waarskynlik alles oor die heining vir mekaar aangegee het.

Die gesin wil graag die fietse, ’n Trek Marlin en ’n Avalanche, terughê en is bereid om die beloning te betaal sodat die diewe vasgetrek en die fietse teruggekry word.

As enigiemand die fietse opmerk, skakel 066 220 3332.

  • Dié inbraak volg net etlike dae nadat ’n fiets gesteel is in Proteastraat en ook ’n beloning aangebied is vir die terugvind van die fiets. Die dief het later die fiets by die Tosca Sentrum gaan neersit.

Lees ook: Dief los gesteelde fiets by sentrum

  • Lesers wat graag die gemeenskap wil inlig oor enige misdaadverwante voorvalle in hul omgewing, kan ’n WhatsApp stuur na die Middelburg Observer se bystand selfoon by 072 248 3855 of stuur ’n e-pos na Daleen Naude (nuusredakteur) by daleen@mobserver.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button