Video: Wie was die ‘skim’ in die rook?
Almal wonder wie die persoon was wat motoriste in die digte rook probeer help het.
’n ‘Skim’ het gister in die digte rook gister langs die pad gaan staan en motoriste gewys waar hulle moet ry.
Frikkie Vermaak was verstom toe hy gisteroggend om 05:34 gesien het hoe ’n figuur in die rook in Jeppestraat (naby OK Grocer in Mineralia) verskyn en aankomende verkeer met ’n flits wys waar dit veilig is om te ry.
Hy het later op sy voertuig se paneelkamera gaan kyk en kan ’n mens sowaar die skaduwees van ’n persoon uitmaak.
Groot gedeeltes van Mineralia, Groenkol, Aerorand en later Eastdene en Gholfsig was gister in ’n dik rookkombers gehul weens veldbrande en was sig nie net belemmer op die paaie nie, maar het inwoners ook letterlik gehoes van die erge rook.
Lees ook: Rook aangeblaas vanaf veldbrand naby N11
Die Middelburg Observer sou graag met die persoon wat motoriste gehelp het, wou gesels. Hy kan ons kontak by 013 243 1434 of ’n WhatsApp stuur na 072 248 3855.
@middelburgobserver ‘Ghost’ of Jeppe Street led motorists to safety through thick smoke that blanketed Middelburg (Mpumalanga) yesterday.
