News
Bere de Beer se roudiens volgende Saterdag
Welbekende oud-polisieman van Middelburg, Bere de Beer, se roudiens is volgende Saterdag.
Vriende en familie is uitgenooi om volgende Saterdag saam te juig oor die lewe van Bere de Beer.
Die diens sal op 5 Julie om 11:00 by die Presence Kerk (28 Meyerstraat) plaasvind.
Bere de Beer (66) is gisteroggend kort na ’n hartklepvervanging in die Wilgers Hospitaal oorlede.
Hy was 35 jaar ’n polisieman, waar hy eers vir die Suid-Afrikaanse Narkotikaburo (SANAB) gewerk het. Toe hierdie eenheid ontbind, is hy oor na die speurtak waar hy tot met sy aftrede as kaptein diens gedoen het.

Lees meer hier:
‘Die Here het Bere self kom haal’
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
