Video: Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie
Daar is vanoggend twee voorvalle, 'n voertuig sit vas in 'n gat in Clubville en daar was 'n ongeluk op die N4.
Motoriste moet daarop let dat verkeer ietwat ontwrig sal wees vanoggend.
Op die N4, net na die Bethal-afrit, Nelspruit se rigting, het ‘n voertuig omgeslaan. Alhoewel die voertuig langs die pad op sy kant lê, word motoriste gevra om stadiger te ry, terwyl die spanne besig is met opruiming.

In Clubville is daar tans drama met ‘n voertuig wat beland het in ‘n sinkgat op die hoek van Hobson- en Robertsonstraat. ‘n Waterpyp het gebars en die gat op die pad veroorsaak. Insleepdienste is reeds op die toneel om hulp te verleen.


Dit is nie die eerste keer dat ‘n voertuig in ‘n gat beland het nadat ‘n pyp gebars het nie. In Meimand het ‘n voertuig se onderstel skade gekry nadat ‘n pyp gebars en ‘n reuse gat veroorsaak het.
Lees ook: Wiele in die lug – Aerorand gat sluk byna kar in
Ander motoriste het laat weet dat daar geen ander probleme is op die ou Middelburg/Witbankpad (R555) en die N11 (Loskopdampad) tot by Doornkop nie.
As jy weet van enige ongelukke, slaggate of ander krisisse op die paaie in en om Middelburg, skakel of stuur ‘n WhatsApp na 072 248 3855.
@middelburgobserver Vehicle stuck in sinkhole after pipe burst in Clubville, Middelburg (corner Hobson and Robertson Street).
