News

Video: Pad waar voertuig in sinkgat beland het, tydelik gesluit

Die area waar 'n voertuig gister in 'n sinkgat vasgesit het, is tydelik gesluit.

Inwoners van Clubville moet daarop let dat die pad tydelik gesluit is op die hoek van Hobson- en Robertsonstraat.

‘n Voertuig se voorste gedeelte het gister in ‘n sinkgat beland op dié straathoek.

Lees ook: Video: Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie

Rdl. Elsie Vermooten doen ‘n beroep op inwoners om die area te vermy, aangesien die pad eers volgende week reggemaak gaan word.

“Daar is mense wat die dromme eenvoudig wegskuif en daar ry. Werner Smit, een van ons Wyk 14 komiteelede het die pad weer gaan toemaak.”

Rdl. Vermooten het dit duidelik gestel dat alhoewel die gat toegegooi is, dit steeds nie veilig is om daar te ry nie en motoriste net tot dit reggemaak is, alternatiewe roetes moet gebruik.

@middelburgobserver

The corner of Hobson and Robertson Street in Clubville, Middelburg, where a vehicle landed in a sinkhole yesterday caused by a burst water pipe, remains closed. The area is cordoned off, and motorists are advised by Councillor Elsie Vermooten to use alternative routes.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button