News
Video: Slaap met een oog oop vanaand, want watermeterdiewe is weer bedrywig!
Watermeters word letterlik voor die voet gesteel die afgelope paar maande.
Inwoners in Harry Gwalastraat, Dennesig, het vanoggend wakker geword met strome water wat in die pad afloop, omdat ‘n watermeter weer gesteel is.
Watermeterdiewe slaan kort-kort toe en doen Juanitha Groenewald, die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) voorsitter, ‘n beroep op inwoners om aan te sluit by die GPF. Sodoende kan hulle deel word van die patrolliegroepe om misdaad, soos diefstalle van watermeters, hok te slaan.
@middelburgobserver Water meters on the ‘shopping’ list of thieves again! Harry Gwala Street, Dennesig, Middelburg, Mpumalanga.
Lees ook: Ses watermeters gedurende naweek in Kanonkop en Dennesig gesteel
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
