News
Ses watermeters gedurende naweek in Kanonkop en Dennesig gesteel
Diefstalle dui op blommende plaaslike swartmark vir koper, ander metale
Daar is gedurende die naweek weer ses watermeters in Kanonkop en Dennesig gesteel.
Vyf van die watermeters is gedurende Vrydagnag in Kanonkop gesteel.
Een is laasnag in Dennesig gesteel.
Die watermeter is in Jan Smutslaan gesteel.
Tussen Vrydagnag en Saterdagmore is vy watermeters in Springboklaan gesteel.
Die watermeters is by vyf buurhuise in Springboklaan uitgebreek en weg gedra.
Die diefstalle is ‘n klinkklare aanduiding dat daar wel ‘n swartmark vir koper en ander metale in Middelburg floreer.
Die vraag is, wie is die kopers?
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
