News
Ruwaan se begrafnis more uit NG Suid
Familie en vriende moet daarop let dat Ruwaan se begrafnis more (Vrydag) uit die NG Kerk, Suid gemeente is.
Ruwaan Jordaan (33) is Saterdagoggend oorlede en sal al sy geliefdes more (Vrydag) bymekaar kom om afskeid te neem.
Die begrafnis is om 10:00 uit die NG Kerk, Suid gemeente. Ds. Rika van Vuuren sal die diens lei.
Persone wat wil kontak maak met die familie, kan Johann Greyling (sy beste vriend) skakel by 083 229 8215. Ruwaan was ’n verkoopsman by Johann se besigheid, BT Boeke.
Lees ook: Vriendelike verkoopsman sterf by sy ma se huis
- ‘n Huldeblyk oor Ruwaan verskyn in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
