NewsSport

Kyk: Zedan – die seun met die ‘goosestep’ wat die land op hol het

Die internet sensasie van die 2025 Cravenweek is opgespoor!

Hy laat teenstanders soos Cheslin Kolbe in die lug gryp, hy trap hier en dan daar soos Cheslin, maar wie is sy rugbyheld? Cheslin Kolbe natuurlik!

Hy is niemand anders nie as Zedan Johnson, ’n o/9A skrumskakel van Laerskool Rietkuil of Kraggies soos die rugyspannetjie ook genoem word.

En dit is geen wonder die mannetjie speel soos ’n toekomstige Springbok nie. Die rugbybloed loop dik in die familie se are met sy pa Daniël wat vir Middelburg, Sasol Secunda en die Pumas in 1999 uitgedraf het saam met Chaka Willemse, Draadkar de Lange en Francois Rossouw.

Daniël was ’n flank maar dit lyk noual of klein Zedan eendag iewers in die agterlyn gaan opeindig sopoos die Bok vleuel, Cheslin Kolbe.

Hoe dan anders met so “goose step”?

@middelburgobserver

New internet sensation Zedan Johnson, busy with Laerskool Rietkuil’s war cry. He is on the far right.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Die mannetjie met die vernuftige aftrap het sy skool se o/19 spannetjie hierdie jaar gehelp om tot in die semi-finaal te vorder van die liga waar hulle teen Laerskool Trichardt vasgeval het. Sy afrigter is mnr. Morné Hesselman.

Zedan, wat afgelei is van sy ma Zelda en pa Daniël se name, het “verskriklik” baie drieë gedruk.

“Ek was nie eers bewus van sy rugbyspelery by die Cravenweek nie, want ons het na die wedstryd tussen Boland en die WP gekyk Dinsdag,” sê sy pa, wat ’n stoere Stormer ondersteuner is.

“Dit was eers later die aand wat ’n vriend my gekontak het met die nuus dat Zedan se sidesteppery so opslae maak.”

Lees ook: KYK: Cravenweek “goose stepper” het rugbymense aan die gons

 

Akademies bring hy ook sy kant,” sê die hoof van Laerskool Rietkuil, mnr. Tinus du Plessis.

“Maar net so besig as wat hy op die rugbyveld is so besig is hy in die klas.

“Hy is enige juffrou se nagmerrie.”

Maar Zedan en sy spanmaats is ook diep seuns. Voordat hulle hulle truie aantrek kniel hulle eers en bid daar by die trui.

Mnr. Morné Herselman, Zedan se afrigter.

Maar waar het hy so geleer aftrap?“Ons speel gereeld in die tuin maar hy volg Cheslin en die plaaslike speler, Neo Dossasntos op TIkTok. Hy probeer hulle dan namaak.”

Daar’s hy Rassie, nou weet jy waar om Zedan in die hande te kry…as die Bokke hom nodig het…

@middelburgobserver

Zedan Johnson and his teammates busy with a prayer.

♬ original sound – MiddelburgObserver –

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button