Ricardo waarskynlik in nabye omgewing
'n Jong man wat net soos Ricardo lyk, is vanoggend op die Verdoornstraatbrug opgemerk.
Ricardo du Toit (19) is steeds nie by die huis nie, maar ‘n vrou is bykans seker sy het hom vandag naby die Verdoornstraatbrug sien staan.
Ricardo het Vrydag vanaf hul huis in Mineralia verdwyn.
Lees ook: Ma rasend van bekommernis oor 19-jarige seun wat Vrydag verdwyn het
Sy ma, Marinda Lusse, meld dat die stewels wat die persoon op die foto aanhet, lyk soos stewels wat nie meer by die huis is nie. Die baadjie net kappie lyk ook soos een van Ricardo se baadjies. Sy is egter nie doodseker of dit hy is nie, aangesien die persoon net van agter af afgeneem is.

Hulle het al oral navraag gedoen en het mense in die omgewing van die treinspoor vir hulle gesê dat hy twee dae gelede in die omgewing was en hulle meegedeel het dat hy na ‘n vrou toe gaan by ‘n kerk wat klere uitdeel.
As enigiemand Ricardo herken, skakel Marinda by 073 656 5455 of Wiekus by 078 294 8601 of die gemeenskapspolisiëringsforum by 072 386 9949.
