Ricardo du Toit se ouers kry van oraloor boodskappe van mense af dat Ricardo ‘moontlik’ gesien is, maar hy is nog nie by die huis nie.
“As ek net kan weet hy het iets om te eet, is warm en veilig, dan sal ons ook al rustiger wees,” het Ricardo se stiefpa, Wiekus Lusse vanoggend gesê. “Ek het Ricardo vanaf vyf maande grootgemaak, so hy is my kind en ek is bekommerd oor hom!”
Wiekus en Ricardo se ma, Marinda, het vanoggend genoem dat ’n vrou van Kanonkop hulle laat weet het dat Ricardo by die Tosca Sentrum gesien is en dat iemand vir hom iets te ete gegee het. Wiekus noem dat hy Vrydag- en Saterdagaand daar gesien is, maar nog nie weer nie.
’n Motoris het ook gister gesê dat sy ’n jong man, wat baie soos Ricardo lyk, naby die Verdoornstraatbrug gesien het.
Lees ook: Ricardo waarskynlik in nabye omgewing
As jy dalk vir Ricardo gesien het, skakel Marinda by 073 656 5455 of Wiekus by 078 294 8601 of die gemeenskapspolisiëringsforum by 072 386 9949.
