Dit gaan beter met ‘Captain Morgan’
Andre Kruger is vanaf die Middelburg Hospitaal oorgeplaas na die Life Midmed Hospitaal.
Andre Kruger, oftewel ‘Captain Morgan’ onder sy vriende, word vanaf Vrydag in die intensiewe eenheid van die Life Midmed Hospitaal behandel.
Andre het verlede Woensdag ’n beroerte gehad en is gestabiliseer by Midmed. Omdat hy nie ’n mediesefonds het nie, is hy vandaar na die Middelburg Hospitaal oorgeplaas.
Sy familie het self fonde begin bymekaar gemaak en ook ’n BackABuddy profiel gestig en het hulle hom Vrydag teruggeplaas na Midmed, waar hy sedertdien in die intensiewe eenheid behandel word.
Sy vrou, Marie, het aangedui dat hy vandag na ’n gewone saal oorgeplaas sal word, waarna hy vir ten minste ’n maand in die SAVF Tehuis (met fondse wat bewillig is deur ’n barmhartige samaritaan) se siekeboeg sal bly.
Marie wil graag almal bedank vir hul ondersteuning in hierdie tyd, asook vir Life Midmed se dokters en personeel vir hul puik diens.
