News

Nog R4 000 benodig vir baba Alexander se begrafnis

R5 500 is sover ingesamel vir baba Alexander Viljoen se begrafnis wat Vrydag sal plaasvind.

’n Gebroke Ernest Viljoen, wat onder vriende as ‘Slim’ bekend is, het vandag aan die Middelburg Observer in eie woorde vertel van die dag toe sy babaseuntjie oorlede is.

Alexander se mamma, Alta, is verlede Woensdag in die Middelburg Hospitaal opgeneem nadat hulle by die kliniek meegedeel is, dat sy hartjie “nie reg klop nie.”

Met Alta se opname, het verdere toetse bevestig dat sy hartkloppie onreëlmatig was.

Die dokter het Donderdag om 12:00 opgedaag, en Alta is om 14:00 in teater toe vir ’n noodkeiser.

Met Alexander se geboorte het die personeel hulle na die intensiewe sorgeenheid gehaas omdat sy hartjie kort-kort gaan staan het.

Ten spyte van noodbehandeling wat toegepas is, het baba Alexander dit nie gemaak nie, en nou moet Slim, Alta en Brianna (Alexander se 11-jarige sussie) hulle babaseuntjie en -boetie begrawe.

Die Viljoen gesin benodig R9 500 vir die begrafnis.

Nadat die Observer Vrydag berig het oor die gesin se behoeftes, kon R5 500 ingesamel word.
Hulle kort egter nog R4 000 vir Alexander se begrafnis.

’n Begrafnisdiens sal Vrydag om 11:00 by die PPK Lofdal Gesinskerk plaasvind.

• Persone wat bydraes wil maak, kan Herculaas Taljaard of Slim skakel by 078 773 2186 of 068 254 3110.

• Lees meer in hierdie week se Middelburg Observer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button