Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie
Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.
Motoriste sal bly wees om te hoor dat Kranspoort weer heeltemal oop en en dat daar ook nie meer stakings is op die R555 (ou Middelburg/Witbankpad) nie.
Na ‘n ongeluk tussen twee trokke Saterdagaand in die afbaan in Kranspoort, het skoonmaakspanne (Hazmat) gister die hele dag gewerk om die poort skoon te maak na chemiese stowwe ook in die pad en die veld beland het. Omstreeks 19:30 gisteraand is op WhatsApp-groepe laat weet dat die trokke verwyder is, maar dat motoriste versigtig wees, omdat daar nog wrakstukkies in die pad lê. Kort na middernag is gesê dat die pad oop en skoon is.
Daar was gister probleme op die R555 met stakings (nader aan eMalahleni se kant), maar Middelburgers wat daardie kant toe pendel, het vanoggend laat weet dat die pad oop is vir verkeer.
Motoriste wat Stoffberg toe gery het vanoggend, het, buiten druk verkeer, nie ander probleme op die pad ondervind nie.
- As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.
