Video: Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie
Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.
Motoriste moet daarop let dat daar mis is op groot gedeeltes van die paaie.
Middelburgers wat na Bethal, Hendrina en op die N4 pendel Pretoria se kant toe, het laat weet dat daar erge mis op die paaie is.
Trokdrywer Wynand Spencer is vroeg vanoggend deur Kranspoort en sê daar is ‘n klein gedeelte van een van die afbane nog toe. ‘n Trok het Saterdag van agter af in ‘n ander trok vasgery, waarna een van die trokke aan die brand geslaan en swael in die pad beland het.
@middelburgobserver Wees versigtig in Kranspoort – nog ‘n klein gedeelte van een van die afbane is toe. Daar word steeds skoongemaak waar twee trokke Saterdag in ‘n ongeluk was en swael in die poort beland het.
Wynand het gemeld dat die pad verder skoon is tot in Marble Hall, maar dat daar vier abnormale vragte net buite Marble Hall staan. Hy sê daar is ook steeds padwerke tot by die Settlers afdraai.
- As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.
.
