News

Video: Kees is aan die slaap gemaak en veilig gevang!

Die bobbejaan wat van gister af in Aerorand gekuier het, is veilig gevang!

Kees se kind is gevang en kan inwoners van Aerorand nou rustiger slaap!

Adj. Stoney Steenkamp (Veediefstal en Bedreigde Spesie-eenheid) en Deon Cornelius (uBhetyan O’Africa Wildlife Rescue Services) het met die hulp van die Aerorand gemeenskapspolisiëring pas die bobbejaan veilig in ‘n hok gesit.

Deon verduidelik dat hulle ‘n slaapmiddel aangemaak en met vrugte vir hom uitgesit het, waarna hulle gesit en wag het tot hy geslaap het. Alhoewel hy van lae takke afgeval het toe die slaapmiddel sy werk gedoen het, het Kees nie ernstige beserings opgedoen nie. ‘n Veearts sal more na hom kyk.

Norman Mangwana en Deon Cornelius tel die bobbejaan versigtig op en sit hom in die hok. FOTO: Verskaf.

Deon het vroeër vanmiddag gevra dat inwoners op die uitkyk moet wees vir die bobbejaan. Hy het ook aangedui dat hy ‘n vanghok sal uitsit.

Lede van die GPF sektor 3.1 het die bobbejaan opgemerk in Samora Machelstraat en hom die hele tyd in die oog gehou totdat Deon en adj. Steenkamp opgedaag het om te kom help.

Die bobbejaan het in die dennebome in Samora Machel tussen Chapmanspeak en Mandelastraat vanmiddag rondgespring en is hy ook daar aan die slaap gemaak.

Norman Mangwana maak seker die hok is mooi toe voordat hy opgelaai word. FOTO: Verskaf.

Chalmain van der Berg, voorsitter van GPF Sektor 3.1 wil graag haar lede Hester en Natasha Bird, asook Leoni Buhr en Johan Kleingeld van harte bedank wat die hele tyd die bobbejaan van ‘n afstand af dopgehou het.

Deon het pas laat weet dat sodra die veearts more seker gemaak het dat alles reg is met die bobbejaan, gaan hy hom vat na ‘n bobbejaan rehabilitasiesentrum in Phalaborwa. “Ons kan hom nie hier in die omgewing loslaat nie, hy sal net weer teruggaan dorp toe”.

@middelburgobserver

Die bobbejaan wat gister en vandag (25 Julie) in Aerorand, Middelburg, rondgehol het is in Samora Machelstraat gekry. Hy is ‘n slaapmiddel ingegee, waarna hy veilig in ‘n vanghok gesit en weggevat is. ‘n Veearts sal more na hom kyk, omdat hy ‘n klein stukkende plekkie op sy poot het.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button