News

Gesteelde hekmotors in Dennesig parkie uitmekaar gehaal

Diewe maak 'n gemors met gesteelde artikels wat hulle uitmekaar haal in 'n speelparkie vir kinders.

Eers was dit watermeters wat bykans elke nag gesteel word. Nou is dit hekmotors wat in die slag bly en sommer in ‘n parkie uitmekaar gehaal word.

Diewe wat hulle deesdae toespits op hekmotors, vat dit na die parkie toe op die hoek van C.R. Swart en Njalastraat om dit uitmekaar te haal.

‘n Gesin van Dennesig wat gaan stap het afgekom op die gebreekte artikels in die parkie.

“Hulle steel hekmotors en solarligte en haal dit uitmekaar vir koper en ander goed wat hulle kan verkoop.”

Al wat oor is van solarligte.

Dit krap die gesin om dat die diewe dit in die parkie doen waar kinders moet speel. Boonop maak die booswigte ‘n groot gemors en kan kinders weens die glasskerwe en ander skerp vullis wat daar in die gras lê, nie kaalvoet daar loop nie.

Elke keer as hulle die gesteelde artikels uitmekaar gehaal het, los die diewe die res van die stukke net so in die parkie, wat dit onooglik en onveilig vir kinders maak.

Hulle voel daar moet meer patrollies in die omgewing gedoen word om kinders se veiligheid te verseker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button