News

Diewe maak misbruik van kragonderbreking om hekmotor te steel

Die hekmotordiewe is weer aktief in Middelburg.

Twee hekmotors is hierdie week in Gholfsig en Kanonkop gesteel, met diewe wat misbruik gemaak het van gisteraand se kragonderbreking om met hulle buit weg te kom.

Volgens Lizelle Maritz is hulle hekmotor deur die loop van gisteraand gesteel.

Weens die kragonderbreking wat groot gedeeltes van die dorp, asook Kanonkop en Dennesig geaffekteer het, kon hulle nie die CCTV beeldmateriaal nagaan om te sien hoeveel verdagtes betrokke was of hoe laat die diefstal plaasgevind het nie.

“Toe ons vanoggend ry was dit te donker om die volle omvang van die skade te sien, maar die motor en die battery is gesteel,” het Maritz gesê.

Hoewel sy nie weet hoe hulle toegang tot die erf gekry het nie, is daar ’n gaping tussen die muur en doringdraad, en vermoed sy dat die diewe daardeur geklouter het.

Die Maritz egpaar woon in Proteastraat.

• Daar is Dinsdag ook ’n gesteelde hekmotor in Van Wyk Louwstraat, Gholfsig gerapporteer.

 

Dennesig struck by surging gate motor thefts

Residents warned of sharp spike in gate motor thefts

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button