Video: Ons dorpsbobbejaan is op pad na sy nuwe tuiste!
Kees se kind gaan nie Phalaborwa toe nie, maar sommer hier agter die bult op Dullstroom bly!
Die bobbejaan wat van Donderdag af in Aerorand gesien en Vrydag veilig gevang is, is op pad na sy nuwe tuiste!

Adj. Stoney Steenkamp (Middelburg Veediefstal- en Bedreigde Spesie-eenheid) en Deon Cornlius (uBhetyan O’Africa Wildlife Rescue Services) het met die hulp van die Aerorand gemeenskapspolisiëring hom opgespoor, ‘n slaapmiddel ingegee en veilig in ‘n hok gesit.
Daar is aanvanklik beplan om hom na ‘n bobbejaan rehabilitasiesentrum in Phalaborwa te vat.
Die Birds Of Prey Rehabilitasiesentrum op Dullstroom het egter laat weet dat hulle nou pragtige bobbejaanhokke ook het en dat daar een beskikbaar is vir ons dorpsbobbejaan.

Ou Kees, wat van Vrydag af by uBhetyan gekuier het, is vanoggend weer ‘n slaapmiddel ingegee en sal nou in Dullstroom ‘n nuwe tuiste kry. Middelburgers word genooi om vir hom te gaan hallo sê as hulle die rehabilitasiesentrum besoek.
@middelburgobserver The secure enclosure where the baboon, safely captured in Middelburg on Friday night, will be housed at the Dullstroom Birds of Prey Rehabilitation Centre. The video was taken before it was decorated.
