Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie
Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.
Daar is vanoggend nie ernstige ongelukke of mis aangemeld nie, maar daar is ‘n protesaksie en dele van paaie sal van vandag af weer gesluit wees vir instandhoudingswerk.
Op plaaslike noodgroepe is vroeg laat weet dat die N11, Hendrinapad gesluit is weens protesaksie by die Pullenshope/Optimum interseksie.
Daar word begin met instandhouding en herstelwerk aan Cowen Ntulistraat vandag (29 Julie tot 5 Augustus) en sal die pad gedeeltelik gesluit wees. Motoriste moet daarop let dat dit verkeer gaan beïnvloed.
Middelburgers wat na Stoffberg en eMalahleni gependel het op die ou Middelburg/Witbankpad, sê daar is geen insidente of mis nie.
Op die hoek van Hospitaal- en Wesstraat is daar ‘n slaggat wat besig is om by die dag groter te word en moet inwoners stadiger ry in hierdie area.
- As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.
