News

Video: Hekmotordief met wit tekkies was binne minute by twéé huise

Dit is duidelik dat dieselfde hekmotordiewe binne minute in Gholfsig toegeslaan het!

Hekmotordiewe, waarvan een wit tekkies gedra het, het van een huis na ’n ander gery om hekmotors in Gholfsig te steel.

Die Observer het gister ’n video geplaas wat wys hoe twee hekmotordiewe in net meer as ’n minuut en ’n half verlede Dinsdag in die vroeë oggendure ’n kompleet hekmotor met battery en al in AG Visserstraat gesteel het. Een van die diewe het duidelik wit tekkies gedra.

Vanoggend het ’n gesin van Van Wyk Louwstraat laat weet dat dit presies dieselfde twee diewe was, want hulle hekmotor is letterlik ’n minuut later gesteel. “Ek vermoed hulle hulle het in Cowen Ntulistraat gery vanaf Sangirostraat se kant af nadat hulle in AG Visserstraat was en daarna in trurat in ons straat ingekom. Hulle was ook bitterlik vinnig,” het Ronnald Gradidge gesê.

Hy was verstom toe hy die videomateriaal van AG Visserstraat sien, want dit het bykans presies dieselfde gelyk as die video by hulle. ’n Voertuig het in trurat in die straat opgekom en voor die hek gestop. Daarna het die twee diewe uitgespring, die hek van die spoor af geruk, by die erf ingedraf en die hekmotor gesteel. Een van die diewe het duidelik ook wit tekkies gedra. Die twee het daarna weer teruggespring in die voertuig. “Dit lyk vir my na ’n silwer sedan, vemoedelik ’n Audi A4”.

Ronnald wil graag die span van Mid Alarms, asook die polisielede bedank wat so vinnig op die toneel was.

@middelburgobserver

Dieselfde hekmotordiewe wat in AG Visserstraat in Gholfsig ’n hekmotor gesteel het, het minute later in Van Wyk Louwstraat, net twee strate daarvandaan, ook ’n hekmotor gesteel. Let daarop dat een van die diewe wit tekkies dra.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button