Video: Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie
Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.
‘n Hartseer gesig het noodspanne vanoggend op die R35 begroet nadat ‘n perd deur twee voertuie op die R35, Bethalpad doodgery is.
Langs die perd wat doodgery is, het ‘n ponie gestaan en het kort-kort net ‘n entjie weggeloop en daarna weer teruggegaan na die dooie perd toe.
@middelburgobserver Heartbreaking. A loyal pony refused to leave its fallen friend after two cars hit the horse on Bethal Road, about 25km outside Middelburg. The driver of the one vehicle was injured in the accident and taken to hospital.
Die ongeluk het sowat 25km buite Middelburg, naby Brians Tyres plaasgevind en is die bestuurder van die Ford Figo is beseer en reeds hospitaal toe geneem. Die bestuurder van die kontrakteursbakkie is ongedeerd.
Alhoewel die voertuie uit die pad uit gesleep is, is daar nog noodvoertuie op die toneel en word motoriste gevra om stadiger te ry in die area.
Op noodgroepe is gesê dat daar digte mis is op die N11, Hendrinapad. Die N11 tot by Groblersdal is oop en is geen insidente aangemeld nie.
Middelburgers wat eMalahleni toe ry op die ou Middelburg/Witbankpad, het laat weet dat die pad oop is, maar dat daar net ‘n bietjie mis is by eMalahleni.
Daar is tans geen mis op die N4, Pretoria se rigting nie.
Inwoners moet daarop let dat daar padwerke in die dorp is.
- As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.
