News

Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie

Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.

Buiten oggendverkeer wat besig is om op te tel en slaggate waarvoor uitgekyk moet word, is daar nie enige ernstige probleme aangemeld nie.

‘n Yslike gat het gevorm in die area in Meyerstraat (tussen brug en Meyerstraat) waar daar al ‘n geruime tyd kort-kort aan die pad gewerk word.

Daar word vanaf 09:00 vandag aan die pad gewerk en sal die pad daagliks vanaf vandag (31 Julie) tot 7 Augustus gesluit wees vir herstelwerk aan die pad.

Middelburger Wynand Spenser het laat weet dat hy vroeg vanoggend vanaf Mokopane (Potgietersrus) vertrek het Middelburg toe en nou net deur Groblersdal is. Daar was nie enige insidente of mis op die pad nie.

Inwoners wat gery het op die R555 na eMalahleni (ou Middelburg/Witbankpad) sê daar was nie probleme tot daar nie.

Die N4 by Belfast is ook skoon en oop vir verkeer.

  • As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button