Vanoggend se pitbulhond aanval in Kanonkop is op ‘n voertuig se paneelkamera vasgevang, en wys hoe me. Hester Mellett te hulp gesnel word.
Die jong hond Bjorn het Mellett aan die bobeen gegaps nadat hy by die hek uitgeglip het op die hoeke van Kareelaan en Oribistraat.
Bjorn se eienaar was besig om hul kar in die erf te trek toe hy ontsnap het.
Die hond is by die dierebeskermingsvereniging op aandrang van die eienaar.
Daar is ook toestemming gegee dat Bjorn uitgesit word.
Volgens sy hartgebroke eienaars was hy nog net liefdevol.
Hy is egter onlangs gereeld deur kinders geterg.
Daar was ook gisteraand hekmotordiewe bedrywing in Oribistraat, wat deur die GPF gejaag is in die straat.
Mellett was op pad Kanonkop Spar toe, toe Bjorn haar byt.
@middelburgobserver Supplied Dashcam footage shows Pitbull attack on a woman in Oribi Street, Kanonkop, Middelburg.
Mellett se seun Stefan het intussen op die Middelburg Observer se aanlyn artikel oor die aanval kommentaar gelewer.
Stefan stel homself voor as die seun van die vrou wat gebyt is, en las dan by: “Die mense wie se hond dit is betaal vir als, so dis nie ‘n probleem nie”.
Volgens Stefan lyk die bytmerke erger as wat dit is.
“Maar dis niks wat my ma sal doodmaak nie, en so ver ek weet, word die hond uitgesit, en daar gaan geen polisiesake oopgemaak word nie, dit is nie nodig vir dit nie”.
“Sulke goed gebeur en toevallig was my ma maar net op die verkeerde plek, op die verkeerde tyd”.
Bjorn het ook al sy inentings gehad.
Mellett is op die toneel bygestaan en is haar wonde ook verbind voordat die ambulansdienste opgedaag het.
Sy was erg geskok na die voorval, met Bjorn wat dadelik in die huis toegesluit is voordat die eienaars uit is om Mellett te gaan ondersteun.
Hulle het self ook aangebied om haar hospitaal toe te neem.