Video: Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie
Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.
Almal is warm onder die kraag vir die verkeersopeenhopings weens die herstelwerk op die paaie in ons dorp, maar daar is darem al lig in die donker tonnel!
Herstelwerk aan Meyerstraat tussen die brug en Proteastraat vorder fluks en het rdl. Johann Dyason Sondag die area besoek, waar daar vir hom gesê is dat hulle hoop om teen Dinsdag (vandag) al klaar te wees. Motoriste wat vroeg werk toe gery het, het laat weet dat die pad tans nog toe is.
Motoriste was baie omgekrap gister omdat ‘n gedeelte van Wesstraat ook toe is. Rdl. Elsie Vermooten het egter ‘n video gestuur om aan te dui dat die munisipaliteit besig is om die diep slaggat op die hoek van Wes- en Hospitaalstraat reg te maak.
@middelburgobserver Good news! Steve Tshwete Municipality is busy repairing the huge pothole on the corner of Wes and Hospitaal Street in Clubville, Middelburg.
Rdl. Vermooten het egter gewaarsku dat die herstelwerk op die hoek van Hobson- en Robertsonstraat nog nie heeltemal voltooi is nie.
Daar is nie enige probleme op die R555, ou Middelburg/Witbankpad nie en op hierdie tydstip is daar ook nie ander insidente op die paaie om Middelburg (Stoffbergpad, N4, N12, N11 Hendrina- en Loskopdampad, of Vandyksdrifpad) aangemeld nie.
- As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.
