News

Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie

Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.

Kranspoortpas is gedeeltelik oop, Meyerstraat is toe, daar is mis op die paaie en ‘n trok versper verkeer.

Motoriste moet daarop let dat ‘n span besig is met opruiming in Kranspoortpas waar daar gister ‘n ernstige ongeluk was waar een persoon gesterf het. Die ongeluk het gebeur tussen die twee laaste spoedwalle in die poort.

Daar is egter geen waarskuwingsborde of verkeersbeamptes aan beide kante van die area waar gewerk word nie en van die werkers op die toneel wys vir voertuie waar om verby te ry.

Die afbaan is oop, maar die opbane is nog versper. Alhoewel daar onder in die poort borde is wat aandui dat daardie gedeelte toe is, gaan voertuie steeds verby en beweeg in die aankomende bane op in die poort.

“Dit is ‘n ticking time bomb!” het ‘n motoris (wat anoniem wil bly) vanoggend gesê toe hy verby die opruimingspan in die poort verby gery het in die afbaan.

Meyerstraat tussen Beyers Naude- en Proteastraat is steeds toe.

‘n Trok staan op die brug op die Vandyksdrifpad en beïnvloed verkeer vanaf Vandyksdrif se rigting.

Die trok wat op die brug op die Vandyksdrifpad staan. FOTO: Traffic Alert WhatsApp-groep.

Daar is digte mis op die R555 (ou Middelburg/Witbankpad), asook by Belfast op die N4, op die Bethal- en Carolinapaaie aangemeld. Middelburgers het ook laat weet dat sig baie sleg is op die N12 weens die mis.

Wynand Spenser het vroeg vanoggend met sy vragmotor vanaf Middelburg na KwaZulu-Natal vertrek. Hy het bevestig dat daar miskolle is vanaf Middelburg tot by Bethal en dan van daar af tot so 10km voor Amersfoort. Van daar af is dit oop. Hy was deur Amajubapas ook en meld dat daar geen mis is nie.

  • As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Check Also
Close
Back to top button