News

Kyk: Staan opsy Elon Musk…hier kom die beatboksbende

Tieners gebruik ou trollies vir klanklekkerte.

Elon Musk kan dalk elektriese karre bou en beplan om iemand Mars toe te stuur, maar op Middelburg is daar tieners wat sommer uit braaiers, kruidenierstrollies en skaatsplanke, beatbokse bou.

Graad 10 leerling van Hoërskool Kanonkop, Willie Ackerman, het gedurende die vakansie sy eie beatboks saamgeslaan met wiele van ’n braaier, twee reuse luidsprekers en ’n karradio.

Philip Bredenham, soos Willie ’n Kanonkopper, het nie op hom laat wag nie en self begin bou aan sy eie weergawe van die Middelburg beatboksbende.

Toe hy en sy vriende ’n ou kruidenierstrollie uit ’n dammetjie trek, waar hy weggegooi is, het hy besluit om soos Willie te maak en sy eie beatboks te bou.

Skaatsplankwiele is voor aan die trollie gebruik en bromponie wiele agter.

Siedaar!

Nou kan die twee vriende die strate invaar met hulle mobiele beatbokse en kyk wie kan die hardste geraas maak.

Mens wonder net wat is volgende? ’n Beatboks op ’n kardak?

@middelburgobserver

Philip Bredenham van Middelburg het van ’n ou trollie gebruik gemaak om sy eie beatboks te maak.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button