News

Video: Oog op die oggendverkeer en ander probleme op paaie

Hier is jou inligtingsgreep om seker te maak waar jy ry, is daar nie enige ernstige insidente of obstruksies op die paaie nie.

Met Meyerstraat steeds toe en ‘n stilstaande vragmotor in Kranspoortpas, gaan verkeer beslis vanoggend beïnvloed word.

Die nasionale padagentskap (SANRAL) het gister verduidelik watter uitdagings hulle tans ervaar met die herstel van Meyerstraat. Die pad is steeds toe tussen Beyers Naude- en Proteastraat.

‘n Trok staan tans in die linker opbaan in Kranspoort net na ‘n draai. Motoriste wat vanaf Groblersdal se kant opry in Kranspoort word gewaarsku om versigtig te ry.

Trokdrywer Ben Pearson het goedgunstiglik ‘n video beskikbaar gestel om aan te dui waar die trok staan.

@middelburgobserver

Warning: A truck is standing still in the left uphill lane in Kranspoort Pass towards Middelburg!

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Gisteraand omstreeks 21:30 het ‘n trok die pad verlaat en in ‘n sloot beland naby die Damwal Sentrum. Die trokdrykwer het geen beserings opgedoen nie en verkeer is nie ontwrig nie.

Op die hoek van Beyers Naude en Klipstraat het ‘n groot gat gevorm weens riool wat al ‘n ruk in die pad afloop. Inwoners meld dat weens die swaar verkeer in die oggende en laatmiddae voertuie nie kan uitswaai nie en dan die gat tref.

Die groot slaggat wat gevorm het in Bhimy Damanestraat nadat ‘n pypbars tussen Lilian Ngoyi- en Klipstraat reggemaak is, is ook steeds nie reggemaak nie en word motoriste gemaan om baie stadig te ry, want dit kan lae voertuie moontlik beskadig.

  • As jy weet van enige ongelukke, mis, groot slaggate en ander obstruksies op die paaie wat verkeer kan beïnvloed, skakel of stuur vir ons ‘n WhatsApp (met ‘n foto of video, indien moontlik) na 072 248 3855.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button