News

Video: Haelstorm op N4 veroorsaak kettingbotsing by Wonderfontein

'n Geweldige haelstorm op die N4 by Wonderfontein het 'n kettingbotsing veroorsaak.

Een persoon is beseer in ‘n kettingbotsing vroeër vanaand op die N4 weens ‘n haelstorm wat die padoppervlak seepglad gemaak het.

Motoriste het van net voor 17:00 af begin waarsku dat daar ‘n haelstorm uitgebreek het sowat 20km buite Belfast tussen die Puma Vulstasie en Sunbury by Wonderfontein.

Die hael het ‘n dik yskombers gevorm op en langs die pad en het voertuie in die ys begin gly.

@middelburgobserver

Just before 17:00 today (August 16), a hailstorm hit the N4 outside Belfast between the Puma Garage and Silos at Wonderfontein. The slippery road caused a crash involving a truck and four cars. Fortunately, no serious injuries were reported. The road is still icy, drive with caution!

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

‘n Kettingbotsing het omstreeks 17:30 plaasgevind waarin ‘n trok en vier voertuie betrokke was.

  • TRACN4 het net na 19:00 op noodgroepe laat weet dat hulle nog besig is met opruimingswerk op die toneel en dat die stadige baan nog toe is vir verkeer. Hulle maan motoriste om stadiger te ry in hierdie area, omdat daar steeds ys op die teeroppervlak is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button