Video: Middelburger vertel van hael op pad en ongeluk
'n Plaaslike insleepdienste het hulp verleen by die kettingbotsing op die N4 by Wonderfontein.
Dis verstommend dat daar steeds mense is wat vinnig ry, al is die pad seepglad van hael.
So sê David Ross (Ross Insleepdienste) wat gaan help het by die kettingbotsing by Wonderfontein tussen Puma Vulstasie en Sunbury.
Verskeie voertuie en, volgens hom, twee trokke, was deel van die botsing. Wat hy opgemerk het, is dat daar sowaar nog mense was wat nie stadiger gery het op die gladde pad nie.
Hy het videos gestuur wat gewys het hoe dik die hael tot laat vanaand nog op die pad gelê het.
@middelburgobserver Middelburg tow-in service was on scene at Wonderfontein after the hailstorm crash. He showed in videos how thick the hail still was on the road until late tonight. Scene now cleared.
• Die ongelukstoneel is reeds opgeruim.
• Motoriste het laat weet dat die hael ‘n wit tapyt gemaak het langs die pad tot naby Alzu Petroport.

