News
Kobus in Bethal gesien
Kobus Pretorius het nog nie van hom laat weet nie, maar hy is in Bethal gesien.
Kobus Pretorius is nou al bykans ‘n week weg, maar hy het sy bankkaart in Bethal gebruik.
Sy suster, Michelle Fouché glo nie hy is ontvoer of het iets oorgekom nie.
Mense het laat weet dat hulle hom op 14 Augustus in Bethal gesien het waar hy met ‘n ander man gepraat het en daarna in Secunda se rigting weggestap het.
Michelle het Kobus se foon by haar (wat hy in Middelburg agtergelaat het) en lyk dit nou vir haar of hy dalk vir mense geld skuld.
Sy is dankbaar dat hy nie iets oorgekom het nie. “Hy leef darem, hy vlug seker net,” het sy vandag gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
