News

Twee sterf in ongelukke op N4

Daar was gister drie ongelukke op die N4 en het twee persone gesterf.

Twee mans het op ongelukstonele gister op die N4 gesterf.

Die eerste ongeluk was omstreeks 04:25 naby die Middelburgdam. ‘n Ford Ranger bakkie het ‘n Opel Corsa van agter af getref en het die voertuig in die veld beland. ‘n Passasier het gesterf en vyf insittendes, waaronder die bestuurder van die voertuig, het beserings opgedoen.

Die Opel Corsa het in die veld beland en het een persoon gesterf. FOTO: Verskaf.

Later die middag het ‘n man langs die N4 by Woestalleen gestop om bene te rek. Hy het langs sy voertuig verbygestap en het ‘n trok op presies dieselfde oomblik in hom vasgery. Die man het opslag gesterf nadat die trok hom teen sy voertuig vasgeslinger het.

 

Die ongelukstoneel waar ‘n man opslag gesterf het nadat ‘n trok hom op die N4 naby Woestalleen getref het. Die trok wat in hom vasgery het, staan heel links in die foto en die swart voertuig heel regs is dié van die slagoffer. FOTO: Verskaf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button