News

Een van Duvha se zebra’s doodgery

Dierestories het ’n mooi en soms hartseer einde.

Nie al die dorp se dierestories het ’n goeie einde nie.

Daar was die vlakvark wat by dominee Gawie Conradie se huis opgedaag het en nog voordat hy gered kon word, het ’n polisieman die arme vark doodgeskiet.

Die ou bobbejaan wat in Kanonkop by ’n gastehuis in ’n boom geklim het vir sy nagslapie. ’n Jong jagter het hom daar geskiet.

’n Bosvark het hom soos ’n vark gedra in Dennesig. Hy het deur skuifdeure gehardloop en ’n gevaar geskep vir inwoners. ’n Jagter het hom doodgeskiet.

Daar was darem ook vele mooi stories.

Die likkewaan wat al stertswaaiend by die Middelburg Hospitaal van gang na gang gestap het is gered.

Deon Cornelius het al ’n paar bobbejane se lewens gered.

Die troppie seekoeie wat in Eastdene rondgestap het asof die woongebied aan hulle behoort, is later gevang en in Noordwes vrygelaat.

Die koedoe wat by HTS Midddelburg se ouditorium ingespring het, is verdoof en op ’n wildsplaas losgelaat, net om weer die pad te vat.

Maar nou het die drie zebra’s wat op die Duvhapad deur fietsryers opgemerk is se storie ook ’n hartseer einde.

’n Motoris het laat weet dat een van die zebra’s doodgery is.

Sy het verby die toneel gery, waar ’n groepie mense rondgestaan het, met die dooie zebra langs die pad.

Dit is nie bekend wat die skade aan die voertuig was nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Check Also
Close
Back to top button