Video: Koedoe hardloop aan verkeerde kant van lyndraad op N11
’n Koedoe het vanoggend los rondgehardloop op die N11 en wonder motoriste of hy al veilig in die veld is.
‘n Koedoebul het vanoggend op die N11 tussen Buksies en Leopards Trail aan die buitekant van ’n lyndraad rondgehardloop.
Trokdrywer Wynand Spencer sê toe hy in die draai kom vanaf Kranspoort se rigting het hy die koedoe uit die hoek van sy oog opgemerk. “Hy kon nie momentum kry om oor die draad te spring nie.”
Wat hom bekommer is dat die koedoe moontlik kan skrik en voor ’n voertuig kan beland.
Hy het in die verbygaan ’n video geneem.
- As iemand weet of die koedoe veilig in die veld in gehelp is, skakel of WhatsApp Daleen Naude by 072 248 3855.
@middelburgobserver A young kudu bull was seen this morning on the N11 near Buksies Pub & Grill, close to Leopards Trail. Truck driver Wynand Spencer, who took the video, fears it could leap into the road and cause an accident. N11, MiddelburgObserver
