News

N4 trokbrand opvolg: Een baan is oop

Een baan is reeds oop op die N4 waar 'n trok in die vroeë oggendure uitgebrand het.

Motoriste wat vanaf die Middelburg Tolhek se rigting na Nelspruit pendel, sal bly wees om te weet dat een baan weer oop is waar ’n trok in die vroeë oggendure gebrand het en opruimingswerk gedoen word.

Die trok het omstreeks 01:30 aan die brand geslaan net na die Vandyksdrif-afrit op die N4. Die trokdrywer kon gelukkig betyds uitspring.

Louwtjie Swart is op die toneel en het laat weet dat een baan reeds oop is en dat hulle net nog besig is om die ander baan skoon te maak. Dié baan behoort ook binnekort heeltemal oop te wees vir verkeer.

Al wat oor is van die trok wat vanoggend aan die brand geslaan het op die N4. Foto: Traffic Alert.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button