News

Video: N4 net na Van Dykdrif afrit gesluit vir opruiming na trok brand

Die N4 net na die Vandyksdrif afrit is gesluit vir opruiming na 'n trok laasnag aan die brand geslaan het.

‘n Trokdrywer kan homself gelukkig ag dat hy nie ernstige beserings opgedoen het nie, nadat sy trok op die N4 aan die brand geslaan het.

Hy het omstreeks 01:30 in Nelspruit se rigting op die N4 gery, toe hy ‘n klapgeluid hoor en die vlamme in sy spieëltjie opmerk. Hy het dadelik uitgespring en moes magteloos toekyk hoe die trok uitbrand.

Die trok is tans nog in die pad op die N4 en moet motoriste vanaf die Vandyksdrif afrit deur Middelburg ry om weer op die N4 te kom. Foto: Louwtjie Swart.
Opruimingswerk het reeds begin waar die trok laasnag uitgebrand het op die N4. Foto: Louwtjie Swart.

Volgens Louwtjie Swart (Louws Towing & Recovery) is die N4 net na die Vandyksdrif afrit, Nelspruit se rigting, tans gesluit sodat die trok verwyder en die toneel opgeruim kan word. Hy sê die opruiming gaan ‘n geruime tyd neem.

Die N4 is tans gesluit terwyl opruiming gedoen word. Foto: Louwtjie Swart.

Motoriste op pad in Nelspruit se rigting moet daarop let dat hulle die Vandyksdrif afrit moet neem, dan deur die dorp ry en afry by die Bethal afrit om weer op die N4 te kom.

@middelburgobserver

A truck burned out in the early hours today on the N4 just after the Vandyksdrif offramp towards Nelspruit. The road is currently closed. Traffic is being diverted through Middelburg. Video footage – Louwtjie Swart.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Daar is nie enige ander probleme op die paaie in en om Middelburg aangemeld nie.

  • As jy weet van enige ongelukke of probleme, soos groot slaggate of obstruksies op die paaie, skakel of stuur ‘n WhatsApp na 072 248 3855.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button