News

Daar is gereed gemaak vir anargie

Selfs munisipaliteit het gewaarsku dat daar gevlug sou word.

Mense het Armageddon verwag in Suid-Afrika!

Dit was die jaar 1993

Daar is blikkieskos opgestapel en kragopwekkers aangeskaf.

In 1994 sou daar ’n eerste demokratiese veelrassige verkiesing wees.

Suid-Afrika sou daarna nooit weer dieselfde wees nie.

Talle landsburgers het ’n Armageddon verwag.

Armageddon is die Hebreeuse naam van die plek waar “die oorlog op die groot dag van God” teen die “konings van die hele wereld” in die laaste dae gaan plaasvind. Lettterlik beteken dit “berg van Megiddo”,

Die Middelburgse Stadsraad het pamflette laat druk om inwoners te waarsku teen hierdie Armageddon.

Daar is algehele ineenstorting van die krag- en waternetwerk voorspel, besighede sou gepluinder word.

Mense sou moes vlug.

Inwoners is aangeraai om hulle bankrekeninge leeg te trek.

Deel van die “oorlewingsnoodlys” in die pamflet was:

’n Vuurwapen wat binne minute gelaai en in jou hand moet wees.

Hou ’n brandblusser gereed vir petrolbomme.

Panga of handbyl.

’n Klein Bybeltjie.

Slaapsak en ekstra onderklere.

Teen hierdie agtergrond het Paulus Ferreira en die res van die groep, wat die Israelvisie aanhang, na die berge gevlug.

Tydens ons eerste besoek aan die Israeliete-skuiling in 1993 het een van die jong Israeliete, Jan Brits, gesê hulle glo daar wag sewe jaar van verdrukking.

Hulle beskouing was gegrond op Markus 13:

“Wanneer jullle die ding wat ’n gruwel is vir God en wat verwoesting aanrig, sien staan op die plek waar hy nie moet wees nie – wie dit lees moet dit goed begryp, dan moet die wat in Judea is, die berge in vlug.”

Daar is verskillende vertolkings wat die Israelvisie is maar basies gee hulle aan hulself en hul rasegte nasate ‘n ewige posisie as “volk van God”.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button