News
Watermeter- en hekmotordiewe weer bedrywig laasnag
Die hekmotor- en watermeterdiewe het laasnag weer toegesak op Kanonkop en Dennesig.
Inwoners van Kanonkop en Dennesig moet lig slaap, want die watermeter- en hekmotordiewe sluip steeds in die strate rond!
Laasnag is daar watermeters gesteel in Gladiola- en Springbokstraat (Kanonkop) en in Colleystraat (Dennesig) is ‘n hekmotor uitgeruk.
Die afgelope meer as ‘n jaar is daar letterlik tientalle hekmotors en watermeters gesteel.
In ‘n onlangse geval kon daar op kringtelevisiemateriaal gesien word hoe diewe binne 10 sekondes ‘n hekmotor uit die grond uit ruk.
- As jou hekmotor of watermeter gesteel is in die afgelope twee weke, skakel of stuur ‘n WhatsApp na 072 248 3855. Ons wil graag die gemeenskap ingelig hou oor waar die misdadigers bedrywig is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
