News

Video: Hekmotordiewe skrik nie vir honde óf alarms!

Twee groepe hekmotordiewe het laasnag in Middelburg toegeslaan!

Hekmotordiewe het laasnag voor die voet by erwe in Gholfsig, Dennesig en Kanonkop ingestorm en binne sekondes met hul buit weggekom.

By een van die huise het die diewe nie eers geskrik vir die honde se geblaf of ’n skreeuende alarm nie.

Tydens die hekmotordiefstalle in Gholfsig is ’n klein wit karretjie gebruik. Videomateriaal wys dat die diewe in Kanonkop en Dennesig in ’n silwer voertuig gery het.

Interessant om te meld dat tydens die vorige hekmotordiefstalle in Gholfsig sowat drie weke gelede, het een van die diewe wit tekkies gedra. Kringtelevisiemateriaal by een van die huise waar hekmotors gesteel is in Kanonkop, wys duidelik dat een van die boewe ook wit tekkies gedra het.

@middelburgobserver

Thieves steal gate motor in 10 seconds, not worrying about dogs barking and alarms going off. There is a spike in gate motor thefts in Middelburg (Mpumalanga) and residents are urged to be alert.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Sy makker het ’n rooi sweetpakbaadjie gedra. Verlede week het twee diewe ook toegeslaan in Kanonkop en het hulle balaklawas aangehad. Een van dié diewe het ook ’n rooi sweetpakbaadjie gedra.

Volgens Dagpatrollies is daar toegeslaan by die volgende huise in Kanonkop en Dennesig laasnag: drie huise in Colleystraat (waarvan een onsuksesvol), twee in Sipres (een nie suksesvol) en een in Impala. In Gholfsig is hekmotors gesteel in Langenhoven-, Liepoldt- en Cowen Ntulistraat.

Lede van Dagpatrollie het vanaf kort na 02:00 tot 04:00 heen en weer gejaag nadat daar op hul WhatsApp noodgroep gevra is vir hulp, omdat hekmotordiewe opgemerk is. Die booswigte het egter weggekom.

 

 

 

 

 

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button