Video wys hoe dief binne sekondes ’n watermeter steel
’n Watermeterdief is laasnag op kringtelevisie beeldmateriaal vasgevang!
Gewapen met ’n groot klip, het ’n watermeterdief gisteraand toegeslaan by talle huise in Kanonkop.
Op Kringtelevisiemateriaal kan ’n mens sien hoe maklik dit gedoen word voor een van die huise.
Hy het net na 23:00 rustig aangestap gekom, hom nie gesteur aan die blaffende honde nie en met ’n klip die watermeter gegooi. Water het oombliklik deur die lug gespuit en het hy doodluiters die stukkie koper waarvoor hy gekom het, gevat en weg geloop.
Arthur Hill (Dagpatrollie) het laat weet dat daar watermeters gesteel is by vier huise in Springbok- en een in Kiepersolstraat.
@middelburgobserver Water meter thief caught on camera in Kanonkop, Middelburg.
Die Observer het vroeër hierdie week gevra dat Middelburgers boodskappe na ons bystandnommer (072 248 3855) moet stuur sodat inwoners kan weet waar die watermeters, asook hekmotors gesteel word. Daar is ’n watermeter verlede week in Mauserstraat (Dennesig) gesteel.
’n Hekmotor is Maandagaand in Helen Josephstraat (Dennesig) gesteel. Voor die diewe toegeslaan het, is daar ’n silwer VW Polo opgemerk, wat vinnig weggery het toe ’n voertuig naderkom.
